safetop
Paarl Post - mouthpiece of the Paarl Valley ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 20 September 2001

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Seun moedig na verlies van bene

Uh-Albry Reitz

[ Top ]


wdean'n PAARLSE seun het onlangs sy tweede been verloor weens kanker, maar ten spyte van die terugslag is hy baie moedig en sterk tans aan by die huis.

Vir Richard-Dean Arendse (11) is die blydskap om weer by die huis te wees na sy ontslag uit die Tygerberg Hospitaal

net-net oortref deur die ontvangs van sy gunsteling speelding, 'n Sony Playstation.

Die rekenaartoerusting is aan hom geskenk

TUIS. Richard-Dean Arendse is nou weer tuis by sy ouers, Reginald en Rochelle. Foto: Uh-Albry Reitz

deur die Reik na 'n Droom organisasie.

"Hy is so 'n moedige kind dat hy dit eintlik makliker maak vir ons as ouers om die operasie te verwerk," sê sy ouers Rochelle en Reginald Arendse.

Maar vir Richard-Dean lê nog 'n lang pad voor.

Nie net moet hy die proses van chemoterapie deurgaan nie, maar ook die newe-effekte soos naarheid, braking, neusbloeding, koors en mondsere wat met dié behandeling gepaard gaan.

Die tenger seuntjie lê op 'n rusbank met 'n wit kombersie beskermend oor sy onderlyfie gegooi en flits so af-en-toe 'n skaam glimlaggie wanneer hy hoor daar word oor hom gepraat.

"Baie aanpassings sal natuurlik gemaak moet word," vertel pa Reginald.

Dié onderwyser is tans met verlof om saam met sy vrou na hul seun om te sien.

"Hy moet nog gereeld teruggaan hospitaal toe vir chemoterapie. Volgens die medici was dit 'n uiters rare verskynsel dat die kanker na sy regterbeen versprei het, nadat sy linkerbeen geamputeer was.

"Voordat die stap geneem is om sy regterbeen ook te amputeer, moes die dokters eers deeglike toetse doen om vas te stel of die kanker na ander dele van sy liggaam soos sy limfstelsel of longe versprei het.

"Dit was aanvanklik 'n skok toe ons die eerste keer meegedeel is oor sy toestand en ons was stomgeslaan, omdat ons gedink het dat dit 'n beenfraktuur was," het hy gesê.

Sy linkerbeen is reeds in 1999 afgesit.

Hy sal binnekort prostese ontvang, maar beweeg tot tyd en wyl in 'n rolstoel rond.

Rochelle Arendse raak aangedaan wanneer sy begin praat oor haar seuntjie se toestand.

"Hy is baie bly om weer tuis te wees en sy maatjies loop die drumpel deur om by hom te kuier. Die familie is ook daagliks hier. Hy sal waarskynlik êrens in volgende jaar weer terugkeer skool toe," sê sy.

Richard-Dean, 'n kranige skaakspeler wat graag sy vrye tyd met dié sport verdryf, het een boodskap vir die jongspan daar buite. Die woorde steek bietjie vas in sy keel wanneer hy moet praat en hy besluit om liewer die boodskappie neer te skryf.

In 'n kinderlike handskrif staan daar: "Hulle moet dankbaar wees dat hulle gesond is."

* A brave Paarl boy is recovering from the loss of both legs due to cancer.


Former mayor passes away

[ Top ]


A WELL-KNOWN former Paarlite, lawyer Jac de Villiers (85) of Rondebosch, died on 11 September following an operation.

De Villiers, a former mayor of Paarl and member of parliament, grew up on the family property Zomerlust in Paarl.

He matriculated at Paarl Boys' High and joined his father, Smuts de Villiers, in his legal practice in Main Street.

His grandfather founded the Paarl Rock brandy company in Main Street, of which Jac was chairman until it closed this year.

He became a Paarl town councillor in the 1940's and organised the first wine festival in the Paarl Valley in 1951. With the proceeds of the festival, he founded the Paarl Publicity Association.

He served on the Paarl Hospital Board and as mayor (1956-1957).

In 1961 he was elected to the Provincial Council and in 1974, when he was elected Member of Parliament (UP) for Wynberg, he moved to Cape Town.

He is survived by his wife Rein, daughter Jeanne Spencer and son Mark.

The couple tragically lost two other children, John and Krina, many years ago.


Death of Margaret Cairns

[ Top ]


A WELL-KNOWN Paarlite, Margaret Cairns (84), died on Thursday last week after suffering a stroke.

She was recovering in the sick bay of the retirement village De Oude Renbaan where she lived, when she passed away.

Miss Cairns was a Sub A teacher of La Rochelle Primary from 1954 to 1978. Generations of girls will remember her as a loving teacher and excellent concert organiser.

The daughter of a medical doctor, she was born in Phillipstown and went to school at Rustenburg High before training as teacher in Mowbray.

She was an active member of the Drakenstein Heemkring historic archive and of the Groot Drakenstein Country Gardening Club.

She was active as remedial teacher after her retirement.

The funeral was held at De Oude Renbaan on Monday. She is survived by a brother, Ian, of Rondebosch.


'Kraamkamer' op Klapmuts

Malané Bosman

[ Top ]


SO een keer 'n jaar maak die Klapmuts polisiestasie hul kraamkamerdeure oop.

Of so word daar goedig gespot nadat 'n moeder verlede week net daar waar altyd kwale en klagtes aangemeld word, 'n bondeltjie vreugde in die lewe gebring.

"Ons het nie vervoer gehad toe hierdie derde baba my oorval nie," vertel Hermiena Muller. "Ek sê toe vir die pa, Leonard Samson, ons moet maar by die polisiestasie aanklop."

Daar aangekom was insp Doepie du Plessis nog oor die foon met die ambulans aan't onderhandel toe konstabel Juanita Sono besef die baba gaan vir geen ambulans wag nie.

Daar is haastig warm water en skoon lappe aangebring en die moeder is gemaklik gemaak op 'n rusbank.

Minute later was klein Juanita (hoe dan anders?) daar en kon sy in haar ma se arms wag totdat die ambulansmanne die naelstring kom knip het.

"Ons sal nou sorg dat ons knypertjies hier aanhou om die naelstring mee af te bind," was die trotse konstabel se kommentaar.

Vir Sono was die vroedvrou taak iets "heel nuuts". Sy is gewoonlik die een wat die inbrekers in Klapmuts jag en die bees- en varkdiewe vastrek.

Hermiena en haar 2,82kg dogtertjie is blakend gesond nadat hulle twee dae in die Paarl Hospitaal aangesterk het. Daar is nog net nie doeke in die babakas nie.

Konst Sono gaan hierdie maand op betaaldag vir haar naamgenoot probeer sorg.

* A policewoman acted as midwife in Klapmuts.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za